Die Wildste-Woesterste-Westererstestesteste-Storie…..Ooit!

Welkom by die grootse avontuur in die weste! Die finale produksie in die WilleWoelle-Weste (WWW) Trilogie word vanjaar by PACOFS in Bloemfontein opgevoer, na die reeks in Augustus 2024 met groot sukses afgeskop het. Die trilogie volg die avonture van Pienkhoed Marie en haar vriende deur die weste, waar hulle teen verskillende boewe veg en leer hoe om op te tree in ‘n wilde en woeste wêreld. In hierdie nuutste avontuur, daag ‘n blinde samurai in die weste op en saai verwoesting waar hy gaan. Sy opdrag: kry sy meester uit die tronk uit en neem wraak teen alles en almal. Sal Marie en haar vriend, Spikkelperd, hom kan keer? Of gaan die weste verander in ‘n woestyn vol rook en wortels?

February 20 @ 11:00 — February 22 @ 11:00
11:00

Andre Huguenet Theatre

Book Now!